On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Central SA

Vrou van vermoorde sakeman in die hof

───   14:43 Tue, 06 Apr 2021

Vrou van vermoorde sakeman in die hof | News Article

Die vrou van ‘n vermoorde sakeman van Pofadder sal na verwagting môre in die landroshof op dié dorp verkyn vir ‘n formele borgaansoek.

Die arrestasie van die 30-jarige Suretha Brits – in verband met die moord op haar man, Leon Brits - het verlede week media hoofopskrifte gehaal. 

Haar man se lewelose liggaam is op 7 Oktober verlede jaar - met verskeie steekwonde - in sy huis se swembad gekry.

Suretha gaan teregstaan op aanklagte wat verband hou met dié  moord.

Media berigte oor die inhegtenisname lui dat die 37-jarige Jacques van Vuuren - wat ook in verband met die moord in hegtenis geneem is, ‘n pleitooreenkoms met die staat bereik het.

Besonderhede oor hoe dié twee saam by die moord betrek word, gaan na verwagting môre tydens die borgaansoek openbaar word.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.