On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

UV Akademie vir Veeltaligheid 'verwelkom'

───   06:44 Fri, 07 May 2021

UV Akademie vir Veeltaligheid 'verwelkom' | News Article

'n Akademie vir Veeltaligheid is aan die Universiteit van die Vrystaat tot stand gebring.

Volgens ’n onderhoud met dr. Peet van Aardt, die kurator van die akademie, is die doel daarvan om aan die studentegemeenskap se behoefte aan moedertaalonderrig te beantwoord en gaan dit teen 2022 volstoom aan die werk wees om leesmateriaal en vakgekoppelde woordelyste in Afrikaans, Zulu en Sotho aan die studente beskikbaar te stel. 

Luidens 'n verklaring sal Engels sal egter steeds die voertaal vir onderrig en eksamens wees. Volgens Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, is dit verblydend dat dié instelling aandag aan die behoefte aan moedertaalonderrig gee.
 
In Van Aardt se onderhoud word verder melding gemaak daarvan dat die veeltalige ondersteuning ’n behoefte van die studente is en noodsaaklik is om ’n vriendelike omgewing te skep waarbinne hulle met gemak hulle identiteit op die sosiale gebied kan uitleef en akademies kan presteer. AfriForum sê dit is ironies, aangesien die UV "juis in die genoemde sake in die Vrystaatse Hooggeregshof, Hoogste Hof van Appèl en [Grondwethof] aangevoer het dat ’n eentalige Engelse leeromgewing noodsaaklik vir harmonie op die kampus en akademiese uitnemendheid is".
 
“Dit is verblydend dat die universiteit die lig sien oor die noodsaak van moedertaalonderrig, maar tragies dat dit vier jaar ná die uitfasering van Afrikaans as onderrigmedium eers geskied,” sê Bailey.
 
“As die universiteitsbestuur Afrikaans as onderrigmedium behou het, en eerder die tyd en regskoste al in 2016 vir die totstandkoming van so ’n akademie aangewend het, was die posisie van al drie die tale aan die UV vandag waarskynlik sterker en het vier jaar se studente wat nie eerstetaalsprekers van Engels is nie, al daarby gebaat,” voeg sy by.
 
Volgens Bailey is dit noodsaaklik dat studente ook werkstukke en eksamens so ver as moontlik in hulle moedertaal moet kan afhandel. Sy het die hoop uitgespreek dat die UV die moontlikheid daarvan sal ondersoek, asook dat ander universiteite uit die UV se voorbeeld sal leer dat ideologies gedrewe besluite oor taalbeleide in niemand se belang is nie.
 
Die saak van AfriForum teen die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) se eentalige Engelse taalbeleid word op 20 Mei 2021 in die Grondwethof aangehoor. AfriForum het die saak in die Hoogste Hof van Appèl gewen, met ’n uitspraak ten gunste van die herinstelling van Afrikaans in modules waar die aanvraag daarvoor dit regverdig, waarna Unisa by die Grondwethof daarteen geappelleer het.


Verklaring

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.