Central SA
#CoronavirusNC: Departement van Gesondheid weerlê gerugte─── 07:23 Sat, 08 May 2021
Die woordvoerder vir die Departement van Gesondheid in die Noord-Kaap, Lebogang Mahajah, het bewerings dat die Robert Magaliso Sobukwe-hospitaal asook private hospitale in die provinsie deur Covid-19 pasiente oorweldig is, weerlê.
Verder sê hy die gerugte veroorsaak onnodige spanning onder inwoners. Mahajah erken egter wel soos die derde vlaag van die virus aanvang neem, die departement gedwing sal word om minder ernstige gevalle na klinieke te moet verwys.
Mahajah sê inwoners moet die werklikheid van die virus besef, aangesien gevalle besig is om toe te neem, en mense se lewens op die spel is.
OFM-nuus/Roderick Titus
