Central SA
DBV in Bfn wil misbruik van donkies bekamp─── 16:06 Fri, 14 May 2021
Donkies is ongelooflike diere om te hê, maar mense moet twee keer dink voordat hulle een aanneem.
Volgens die Bloemfonteinse DBV-bestuurder, Reinet Meyer, is donkies van die diere wat wêreldwyd die meeste misbruik word. Meyer sê donkies word gebruik om swaar vragte te trek en die nuutste neiging is dat hulle velle gebruik word om produkte te maak en internasionaal te verkoop. Meyer vertel verder aan OFM-nuus dat daar 'n groot verantwoordelikheid op 'n donkie-eienaar rus, veral omdat hulle geen emosie toon of pyn aandui nie.
Lisa Nel, 'n Bloemfonteinse inwoner en donkie-eienaar, sê donkies is emosielose diere en as hulle pyn of honger ervaar, word hulle depressief en spreek hulle vrees en pyn anders uit in vergelyking met ander diere.
"Donkies maak wonderlike troeteldiere, absoluut. Hulle is baie mak en kan beslis as 'n troeteldier aangehou word. Mense moet besef donkies eet baie, moet baie ruimte hê en kan nie in stede aangehou word nie. Jy moet 'n plot of plaas hê om 'n donkie te hê," sê Meyer.
OFM-nuus/Blaine Jones
