On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

#MangaungShutdown-betogers in hof verwag

───   CATHY DLODLO 09:57 Fri, 21 May 2021

#MangaungShutdown-betogers in hof verwag | News Article

‘n Groot groep betogers wat vandeesweek in verband met klagte van openbare geweld in hegtenis geneem is, gaan na verwagting Vrydag in die Bloemfonteinse Landdroshof verskyn.

Hulle is vasgetrek tydens die gewelddadige betoging wat die hele Mangaung-streek tot stilstand geruk het. 

Betogers het buitebande aan die brand gesteek en paaie afgesper. Openbare vervoer is tot stilstand gebring en sake-ondernemings moes noodgedwonge hulle deure sluit.  

Vrystaat polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, sê die groep van 41 verdagtes gaan Vrydag verskyn. Vir vier van die verdagtes is dit hulle eerste verskyning terwyl die ander na verwagting vir borgtog gaan aansoek doen. 

OFM-nuus het vroeër berig dat 70 verdagtes in hegtenis geneem is.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.