On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

7000 skape sonder weiding ná Boshof-brand

───   08:18 Sat, 22 May 2021

7000 skape sonder weiding ná Boshof-brand | News Article

Sowat 7 000 skape is sonder weiding nadat bykans 30 000ha Donderdag in die Boshof/Dealesville-area tydens ‘n wegholveldbrand verwoes is.

Talle stuks vee en wild is ook doodgebrand.

Dr. Jack Armour, kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou, sê dat die sterk wind wat Donderdag in die area voorgekom het, die beheer van die brand bemoeilik het. 

Die brand is teen ongeveer 20:00 Donderdagaand uiteindelik geblus. Armour bevestig dat Vrystaat Landbou, in samewerking met Sernick-voere, 30 ton voerpille beskikbaar gaan stel om onmiddellike verligting te bring. 

Dit sal deur die VL-kantoor geadministreer word en die toekenning van voer sal deur die plaaslike landbouverenigings met geaffekteerde boere gekoördineer word. 

’n Deeglike assessering van die skade en verliese gaan oor die naweek gedoen word en volgende week tydens ’n vergadering in Boshof met geaffekteerde boere bespreek word. 

“Die brand het nou met die aankoms van winter plaasgevind, wat beteken dat daar ’n lang seisoen voorlê vir velde wat vernietig is,” sê Armour.


Verklaring verskaf.



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.