On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Dissiplinêre verhoor van NK-departementshoof vir Julie geskeduleer

───   CATHY DLODLO 08:47 Wed, 02 Jun 2021

Dissiplinêre verhoor van NK-departementshoof vir Julie geskeduleer | News Article

Die dissiplinêre verhoor van die hoof van die Noord-Kaapse Departement van Sport, Kuns en Kultuur is vir volgende maand geskeduleer.

OFM-nuus het vroeër berig dat Ruth Palm se skorsing volg op ‘n verslag van die Openbare Beskermer wat haar by korrupsie van meer as 'n miljoen rand betrek. Die Direkteur-Generaal van die Noord-Kaap, Justice Bekebeke, het tydens ‘n sitting van die Staande Komitee vir Openbare Dienste en Administrasie aan parlementslede gesê alhoewel Palm reeds in September laas jaar tydelik geskors is, is die dissiplinêre proses vertraag. Bekebeke was deel van ‘n senior afvaardiging van die Noord-Kaapse regering wat voor die komitee gedaag was.

Die Noord-Kaapse regering moes voor die komitee verskyn nadat die aantal vakante poste vir departementshoofde in dié provinsie kommer gewek het. 

Bekebeke sê alhoewel Palm reeds verlede jaar tydelik geskors is, is haar dissiplinêre proses vertraag, want die voorsitter van die verhoor het siek geraak en is vir ‘n tydperk in die hospitaal opgeneem. Hy sê ‘n voor-verhoor is reeds gehou en uitspraak is gelewer oor van die tegniese punte wat betwis is. Palm se amptelike verhoor is intussen vir 19 Julie vanjaar geskeduleer.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.