On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

VS moet multi-miljoenrandse kontrak kanselleer

───   CATHY DLODLO 08:15 Fri, 04 Jun 2021

VS moet multi-miljoenrandse kontrak kanselleer | News Article
FOTO: http://www.derebus.org.za/

Die Spesiale Ondersoek-eenheid (SOE) het gevind dat die Vrystaatse Departement van Menslike Nedersettings ‘n multi-miljoenrandse kontrak onregmatig toegeken het.

Die eenheid het, tydens ‘n voorlegging aan die Portefeuljekomittee vir Openbare Rekeninge in die parlement, vroeër vandeesweek gesê dat die kontrak vir die konstruksie van tydelike behuising R151 miljoen beloop het. 

OFM-nuus se Cathy Dlodlo berig ‘n ondersoek na dié toekenning het egter gevind dat behoorlike tenderprosedures nié gevolg is nie en dat dié departement al voorheen skuldig bevind is aan onder meer onregmatige vooruitbetalings aan ondernemings wat tenders ontvang het.

Die SOE het aan SCOPA gesê hulle ondersoek het gevind dat die department ook nie toestemming van provinsiale tesourie ontvang het om die tendersprosedure te omseil nie – wat in noodgevalle moontlik is. ‘n Verslag is nou na die Staatsprokureur gestuur vir oorweging om die kontrak te kanselleer en om die verliese wat die departement gely het, te probeer herwin.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.