On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Headstart Kids se Jeugweek kom tot 'n einde

───   15:22 Fri, 18 Jun 2021

Headstart Kids se Jeugweek kom tot 'n einde | News Article

'n Bloemfonteinse nie-winsgewinde organisasie, beter bekend as Headstart Kids, het vandeesweek hul Jeugweek-aktiveringsprogram suksesvol in werking gestel.

Die organisasie het Woensdag en Donderdag, met die hulp van ander belanghebbendes, die ekstra myl vir die jeug gestap deur Lego-speelgoed, brood en babamelkformule aan verskeie hospitale, kinderhuise en 'n skool vir kinders met spesiale behoeftes te skenk. 

Die stigter van die organisasie, Lily Geerdts, sê wat mense nie dikwels besef nie, is die impak van leer deur speel, om met klein blokkies te speel en die primêre kleure te tel. Geerdts sê die doel van die Jeugweek was om te sien hoe hulle die ekstra myl vir jongmense kan loop, om hulle te ondersteun op 'n manier wat 'n toekomstige generasie jongmense kan skep wat kan uitstyg en leiers kan wees. 

Die heelagter van die Cheetahs-rugbyspan, Clayton Blommetjies, vertel aan OFM-nuus dat die tye van vandag baie moeilik is, so vir die span om saam met Headstart Kids te werk vir iets so eenvoudig soos 'n brood op 'n kind se tafel, was 'n uitstekende gevoel. Blommetjies voeg verder by dat die kinders wat hulle gesien het, 'n stryd voer waarvan nie baie mense weet nie. So vir hulle om deel van die jeugweek te wees, was 'n eer. 

“Dit was 'n voorreg om deel te kon wees van Headstart Kids se Jeugweek, en dit is vir ons ‘n goeie gebaar om daar te kon wees en te sien hoe die kinders lewe en waar hulle is met hul lewens. So vir ons is dit regtigwaar net 'n eer om saam met die Headstart Kids die inisiatief aan te vat om brood en Lego te gaan uitdeel,” sê Blommetjies.

Blommetjies sê die Cheetahs stel baie belang in jong mense, en die tye waarin ons vandag lewe, is baie moeilik. 

Geerdts sê dit is opwindend om saam met vennote soos Care for Education te werk en 'n holistiese benadering te hê om kinders afgerond en gereed te kry voordat hulle in die klaskamer instap.


OFM-nuus/Blaine Jones

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.