On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

'Die Groot Vet Kombers Proe-jek' maak ‘n draai in Upington

───   11:03 Thu, 24 Jun 2021

'Die Groot Vet Kombers Proe-jek' maak ‘n draai in Upington | News Article

'Die Groot Vet Kombers Proe-jek’ vaar Donderdag die strate van Upington in die Noord-Kaap in.

Die vetkoek-projek is daarop gemik om geld in te samel wat na liefdadigheidsorganisasies in Sentraal Suid-Afrika sal gaan. 

Nikki van der Linde van OFM se Joyride moedig mense aan om die projek te ondersteun aangesien dit 'n positiewe bydrae sal lewer. Die verkoping van vetkoeke gevul met maalvleis vind tussen 13:00 en 18:00 by die Agrimark in Upington, by 20 Anton Lubowskiweg, plaas. Vetkoeke kos R35, donasies is ook welkom.

Die #OFMJoyride sal ook om 15:00 van daar af uitgesaai word.

“Ons is in Upington vandag vir die 'Groot Vet Kombers Proe-jek’, kom ondersteun ons en bring R35 vir 'n vetkoek maar jy kan natuurlik altyd ‘n bietjie meer gee. Dit is vir ‘n goeie doel. Ons sien jou daar,” sê Van der Linde.


OFM-nuus/Blaine Jones

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.