Central SA
‘Kombers Proe-jek’ sluit af in Welkom─── 14:04 Thu, 01 Jul 2021
OFM se Groot Vet Kombers Proe-jek, in samewerking met Round Table Southern Africa, kom Donderdag in Welkom in die Vrystaat tot 'n einde.
Die projek is daarop gemik om geld vir liefdadigheidsorganisasies in Sentraal Suid-Afrika in te samel. Vandag se begunstigdes is Engo sorg, wat verskeie tehuise vir kinders en bejaardes in die Goudveld bedryf. OFM Joyride-omroeper, Nikki van der Linde, moedig mense aan om die projek te ondersteun aangesien die nood nou groter as ooit tevore is om iemand se las hierdie winter te verlig. Die projek kan ondersteun word deur maalvleis-gevulde vetkoeke buite Empire Square SUPERSPAR aan te koop of ‘n skenking elektronies oor te plaas. Verkope vind tussen 14:00 en 18:00 plaas.
Die #OFMJoyride sal ook vanaf 15:00 regstreeks vanaf die liefdadigheidsgeleentheid in Welkom uitsaai. “Covid-19 veiligheidsregulasies is in plek en selfs strenger as voorheen,” sê Van der Linde.
OFM-nuus/Blaine Jones
