Central SA
De Aar mediese personeel word ondersoek─── 14:34 Tue, 06 Jul 2021
Die Departement van Gesondheid in die Noord-Kaap het 'n span senior amptenare na De Aar gestuur, ná bewerings dat personeel nie hierdie naweek vir diens aangemeld het nie.
Die vakbond Denosa sê ‘n dringende vergadering is vir later hierdie week beplan.
Die PSA-unie se provinsiale bestuurder, Steve Ledibane, sê die beweerde voorval is ontoelaatbaar, soos 'n pasiënt na bewering sonder toesig aan 'n suurstofmasjien gekoppel was.
Die woordvoerder vir die Departement, Lebogang Mahajah, sê die insident word in 'n ernstige lig gesien.
Dit volg nadat 'n video op sosiale media versprei is, waarin gesien word hoe familielede ‘n pasiënt moes help - met geen personeellede in sig nie.
Mahajah sê die Departement se hoof, Riaan Strydom, het dadelik 'n taakspan saamgestel om die bewerings te ondersoek.
OFM-nuus/Roderick Titus
