Central SA
Sol Plaatje grootste bydraer tot NK onreëlmatige uitgawes - OG─── 16:21 Fri, 09 Jul 2021
Die Sol Plaatje Munisipaliteit is glo die grootste bydraer tot onreëlmatige uitgawes in die Noord-Kaap, volgens ‘n verslag deur die Ouditeur Generaal, Tsakani Maluleke.
Volgens Maluleke spruit R258 miljoen van die provinsie se R810 miljoen se onreëlmatige uitgawes uit die betrokke munisipaliteit.
Die inligting is bekendgemaak tydens ‘n voorlegging van die Ouditeur-Generaal se algemene verslag oor ouditresultate vir die plaaslike regering vir 2019/20.
Die verslag dui verder aan dat drie van die provinsie se munisipaliteite sukkel om Eskom te betaal.
Die provinsie skuld R1,2 miljard aan Eskom, met die Gamagara munisipaliteit wat R135 miljoen skuld, gevolg deur Hantam munisipaliteit wat R59 miljoen skuld.
OFM-nuus/Roderick Titus
