On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse man met duisende rande se halfedelstene vasgetrek

───   15:21 Wed, 14 Jul 2021

Noord-Kaapse man met duisende rande se halfedelstene vasgetrek | News Article
PHOTO: The Crystal Council

'n 41-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy in besit van 5 400kg se rooskwarts ter waarde van R24 500 rand betrap is.

Noord-Kaapse man met duisende rande se halfedelstene vasgetrek


'n 41-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy in besit van 5 400kg se rooskwarts ter waarde van R24 500 rand betrap is.


Die gesamentlike operasie deur Kakamas, Kanoneiland en Rosedale SAPS-lede, sowel as die Upingtonse-snelwegpatrollie, het tot die sukses gelei.

Die polisie het die verdagte gisteraand in die middernagtelike ure in hegtenis geneem.

Hy staan tereg op die verbreking van die Covid-19 inperkingsmaatreëls, asook die onwettige besit van rooskwarts.

Daar is beslag op 'n swaar voertuig gelê. Die ondersoek duur intussen voort, en die verdagte sal binnekort in die Upingtonse landdroshof verskyn.

Die polisie se Dimakatso Mooi sê inwoners moet enige onwettige bedrywighede rapporteer, en ten alle tye die inperkingsmaatreëls nakom.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.