On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Voorgestelde uitstel van verkiesing 'gaan munisipaliteite nie meer kos'

───   CATHY DLODLO 15:25 Wed, 21 Jul 2021

Voorgestelde uitstel van verkiesing 'gaan munisipaliteite nie meer kos' | News Article

Die voorgestelde uitstel van die plaaslike regeringsverkiesing gaan nie ‘n ekstra geldlas vir reeds brandarm munisipaliteite in die land beteken nie.

‘n Politieke analis aan die Universiteit van die Vrystaat, Sethulego Matebesi, het in reaksie op ‘n voorstel van voormalige hoofregter, Dikgang Moseneke, gereageer. Dit kom nadat Moseneke die moontlikheid om ‘n vry en regverdige verkiesing te hou tydens die Covid-19 pandemie, ondersoek het. Hy het voorgestel dat die verskiesing eerder tot Februarie volgende jaar uitgestel word. 

Matebesi sê die uitstel van die verkiesing gaan nie meer geld kos nie omdat munisipaliteite in elk geval raadslede se salarisse moet betaal - of dit nou vir lede is wat 'n paar maande langer op die raad moet dien, of nuwe raadslede wat ná die verkiesing gaan dien. Hy sê die uistel kan egter in die guns tel van kleiner partye of onafhanklike kandidate, siende dat dit hulle moontlik meer tyd gee om gereed te wees vir die verkiesing. 

"Ek dink dit is nie altyd maklik vir dié partye om die nodige geld wat vereis word deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) te bekostig nie," sê Motebesi.  

Nog ‘n politieke ontleder van die Noordwes Universiteit, André Duvenhage, sê die voorstel moet egter nog deur verskeie prosesse gaan, voordat ‘n finale besluit bekend gemaak kan word. "Die grondwet bepaal dat 'n Plaaslike Regeringsverkiesing elke vyf jaar moet geskied, maar nou is daar uitsonderlike omstandighede wat dit moelik maak om 'n vry en regverdige verkiesing te hou," verduidelik hy. "Die parlement sal dus 'n besluit moet neem wanneer die voorstel oorweeg is en dit sal dus heel moontlik in die Grondwethof moet draai," sê Duvenhage.  


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.