On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Paramedikus beseer nadat motoris in ongelukstoneel vasry

───   CATHY DLODLO 14:53 Fri, 23 Jul 2021

Paramedikus beseer nadat motoris in ongelukstoneel vasry | News Article
PHOTO: Supplied

Die paramedikus van die Vrystaatse Mediese Nooddienste, wat Vrydagoggend met ‘n lugambulans na ‘n Bloemfonteinse hospitaal vervoer is nadat hy beseer is terwyl hy op die eerste ongelukstoneel gewerk het, is ontslaan.

Die N8 net buite Petrusburg was vanoggend tydelik gesluit toe ‘n voertuig van die nooddienste ook op die toneel aan die brand geslaan het. Woordvoerder van die Vrystaatse Gesondheidsdepartement. Mondli Mvambi, sê die 32-jarige paramedikus wat beseer is, het verskeie beserings opgedoen. 

Hy was op die ongelukstoneel besig toe ‘n motoris vermoedelik in die toneel vasgery het. Mvambi sê ná behandeling van sagte weefselbeserings in sy rug, nek en bors, is hy ontslaan.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.