On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

SAMRK verwerp diskriminasie op grond van #Covid19-inenting

───   07:40 Wed, 28 Jul 2021

SAMRK verwerp diskriminasie op grond van #Covid19-inenting | News Article

Enige bewerings van diskrimminasie teen persone omdat hulle nie die Covid-19 inenting wil neem nie is ‘n direkte menseregteskending.

Dit is volgens Chantel Williams - die Menseregtekommissie in die Dawid Kruiper munisipale regsgebied in Upington se Hoofadvokaat.

Haar uitlating volg nadat ‘n omsendbrief glo uitgereik is wat inwoners van ‘n landgoed in Midrand dreig dat hul huurooreenkomste nie hernu sal word indien hulle nie ingeënt is nie.

Die bestuur van die landgoed, Bondev, het intussen ontken dat hulle so ‘n omsendbrief uitgereik het, en gesê die skrewe was vir veiligheidspersoneel wat ten tye van diens woonkwartiere bewoon.

Advokaat Williams sê geen mens moet gedwing word om die inenting te neem nie, en het daarom die optrede veroordeel.

Sy sê plaaslike inwoners moet ook nie toelaat dat daar teen hulle gediskrimineer word omdat hulle nie die inenting wil neem nie, en dat die kommissie hierdie vorm van diskriminasie ten sterkste veroordeel.

Williams eindig deur te sê mense kan ook nie vanuit hul poste ontslaan word omdat hulle nie die inenting wil hê nie.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.