On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse LUR loof plaaslike deelnemers aan Olimpiese Spele

───   10:27 Thu, 29 Jul 2021

Noord-Kaapse LUR loof plaaslike deelnemers aan Olimpiese Spele | News Article
Naveen Daries, who has a visual impairment, was first up on the hardest apparatus, the balance beam, followed by three strong performances on floor, vault and uneven bars. PHOTO: Anton Geyser/SASPA

Die Noord-Kaapprovinsie het vanjaar vier deelnemers aan die Olimpiese Spele gehad wat Suid-Afrika vanuit Kimberley, Prieska en Currieskamp verteenwoordig.

Die Keimoes-gebore gimnas, Naveen Daries, is blind in een oog en sy het Suid-Afrika reeds vanaf 2017 tot 2019 by die Statebond Spele verteenwoordig. 

Die 26-jarige naelloper van Prieska, Chederick van Wyk, wat in die 4 x 100m-aflos te sien gaan wees, word sedert sy skooldae fyn dopgehou. Hy kan vriend en vyand verras met sy persoonlike beste tyd van 10,1 sekondes, wat hom 'n plek in die Suid-Afrikaanse span verseker het. 

Die drome van die Kimberley-skaatsplankryer, Boipelo Awuah, is egter aan skerwe nadat sy vroeër weens 'n besering van die Spele moes onttrek. Awuah se vernuf op die skaatsplank het Noord-Kapenaars op die punte van hulle stoele wanneer sy op die baan is. 

Nog 'n Kimberliet, die hokkie-sensasie, Charné Maddocks, maak vanjaar haar proviinse se inwoners en land by die Tokio Olimpiese Spele trots. 

Die LUR vir Sport, Kuns, en Kultuur, Desery Fienies, het die jeug van die provinsie geloof en gesê niks is onmoontlik nie. Sy sê die vier deelnemers aan die Olimpiese Spele is 'n teken dat niemand as gevolg van lewensomstandighede teruggesit behoort te word nie. Fienies sê jongmense van die Noord-Kaap, veral van die platteland, moet droom en werk daaraan om hulle drome te bewaarheid. Die departement het opnuut beleggings in die jeug ondersteun.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.