On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Minister Kubayi-Ngubane besoek die Emthanjeni Plaaslike Munisipaliteit

───   11:17 Tue, 03 Aug 2021

Minister Kubayi-Ngubane besoek die Emthanjeni Plaaslike Munisipaliteit | News Article
FOTO: ANA

Die waarnemende Minister van Gesondheid, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, gaan vandag die Emthanjeni Plaaslike Munisipaliteit in die Pixley ka Seme-streek in die Noord-Kaap besoek.

Die minister gaan vergesel word deur die provinsiale LUR vir Gesondheid, Maruping Lekwene, waar hulle die De Aar-hospitaal gaan besoek as deel van 'n oorsigbesoek en om die inentingsprogram te monitor. 

Die departement het onlangs weens bewerings van swak dienslewering by die hospitaal onder skoot gekom. 

Die LUR het vroeër begin met oorsigbesoeke aan die provinsie se streke om die uitdagings van personeeltekorte en swak dienslewering die hoof te bied.


OFM-nuus/Roderick Titus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.