On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Voormalige burgemeester glo op lys vir Mangaung

───   CATHY DLODLO 12:57 Fri, 06 Aug 2021

Voormalige burgemeester glo op lys vir Mangaung | News Article

Die voormalige Mangaung-burgemeester, Playfair Morule, is een van die name wat genoem word as ‘n moontlike kandidaat vir sy vorige amp.

Hy het dié amp tot in 2011 beklee, waarna die munisipaliteit Metro-status ontvang het. Morule is toe as Suid-Afrika se Hoë Kommissaris in Indië aangestel is. Hy was ook voorheen die LUR vir Veiligheid en Sekuriteit in die Vrystaat.

Gerugte in politieke kringe en in die media meen egter dat die voorloper op die lys van drie name wat ingedien is, die huidige munisipale speaker en ANC-voorsitter in die streek, Mxolisi Siyonzana, is. Die res van die name sluit onder andere twee ANC-raadslede in, wat die taak maklik sal maak aangesien daar nie ‘n vakante pos in die Mangaung-raad is nie. 

Indien Morule of enige ander kandidaat van buite die raad die verkose kandidaat is, sal ‘n vakante pos in die raad geskep moet word. 

Politieke analis aan die Universiteit van die Vrystaat, Sethulego Matebesi, sê die keuse van ‘n kandidaat vir dié amp gaan deurslaggewend wees vir die Interim Provinsiale Komitee, wat die ANC in die provinsie lei. Hy sê die burgemeestersposisie vir Mangaung Metro is ‘n posisie met redelik baie politieke mag en dus ‘n gewigtige besluit. Dié komitee is saamgestel ná ‘n hofbevinding wat die party se leierskap as onwettig bestemptel het.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.