Central SA
Werkloosheidsversekeringsfonds betaal miljoene in Noord-Kaap─── 15:24 Fri, 06 Aug 2021
Die Werkloosheidsversekeringsfonds in die Noord-Kaap het sowat R312 miljoen aan begunstigdes in die provinsie uitbetaal.
Die senior administratiewe beampte by die fonds, Isaac Mogorosi, sê vir die boekjaar 2020/21 is byna 68 900 eise goedgekeur en uitbetaal.
R270 miljoen hiervan is betaal aan 62 622 eise.
Mogorosi sê die res van die geld is uitbetaal aan ouer eise, asook vermindering van werksure- en 779 sterfte-eise.
Hy sê lang rye by arbeidsentrums was 'n uitdaging wat ook tot vertragings gelei het.
Mogorosi sê 'n bykomende R577 miljoen is aan begunstigdes in die provinsie uitbetaal deur die Werkloosheidsversekeringsfonds se Covid-19 Hulpfonds.
OFM-nuus/Rodeirck Titus
