On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kapenaar help vroue-entrepreneurs oplei

───   10:08 Fri, 13 Aug 2021

Noord-Kapenaar help vroue-entrepreneurs oplei | News Article

Die 35-jarige Masego Moncho van Pampierstad in die Noord-Kaap, wat in Bloemfontein in die Vrystaat werksaam is, is gekies om deel te wees van 'n Amerikaanse program om vroue-entrepreneurs op te lei.

Die Akademie vir Suid-Afrikaanse Vroue-entrepreneurs (AWE) se program word deur die Amerikaanse Presidentshuis, of die Withuis, aangebied. Die Academy for Women Entrepreneurs, South Africa, of AWE, soos wat die program bekend staan, is gebaseer op Dreambuilder, 'n aanlynplatform vir sakevroue. Dit is ontwikkel deur die Arizona State University se Thunderbird School of Management, in vennootskap met die wêreldwye kopermynmaatskappy Freeport-McMoRan. 

Die doel van die program is om vroue die nodige hulp en vaardighede te gee wat nodig is om hulle ondernemings tot volhoubare ondernemings op te bou. Die program wil teen 2025 minstens 50 miljoen vroue wêreldwyd bemagtig. Moncho is die stigter en eienaar van die Bloemfontein-gebaseerde MSG IT Solutions. 

Die opleidingsessie het reeds Dinsdag begin en sal tot Desember vanjaar duur.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.