Central SA
Noord-Kaapse skool sluit weens #Covid19─── 15:42 Thu, 19 Aug 2021
Die hoof van die Departement van Onderwys in die ZF Mcgawu-streek van die Noord-Kaap, Gorden March, het in 'n skrywe die onmiddellike sluiting van Simbruner Laerskool aangekondig.
March sê agt onderwysers by die skool is tans in kwarantyn, terwyl nog ses positief getoets het vir die koronavirus (Covid-19).
Hy sê ontsmetting sal dadelik begin, terwyl geen personeel en leerders op die terrein toegelaat sal word tot Maandag 23 Augustus nie.
March vra dat ouers wat kinders by dié skool het, moet kennis neem dat die departement planne gaan implementeer om die verlore skooltyd in te haal.
OFM-nuus/Roderick Titus
