On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Lennertsville-moordenaar gevonnis

───   15:45 Thu, 19 Aug 2021

Lennertsville-moordenaar gevonnis | News Article

Samuel Carolus - die skuldige in die moordsaak van die 46-jarige Esme van Wyk van Lennertsville buite Keimoes - is in die Upington-streekshof tot 22 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis.

Dit, nadat sy vonnisoplegging Woensdag uitgestel is. Carolus sal sy straf uitdien sonder die moontlikheid van parool.

Hy het Van Wyk wreed vermoor, haar liggaam afgespuit, en vir haar skoon klere aangetrek voordat hy die polisie geskakel het.

Portia van Wyk, van die nie-regeringsorganisasie “Give Light”, het die straf verwelkom en gesê dit moet as 'n waarskuwing dien vir diegene wat geweld teen vroue, en veral jong meisies, pleeg.

Sy voeg by die samelewing se gedrag teenoor vroue en kinders moet verander.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.