On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

#ChildCovid: Bloemfonteinse pa se inentingspleidooi wyd versprei

───   CATHY DLODLO 11:23 Fri, 27 Aug 2021

#ChildCovid: Bloemfonteinse pa se inentingspleidooi wyd versprei | News Article
PHOTO: Facebook

‘n Bloemfonteinse pa se pleidooi op sosiale media het soos 'n veldbrand versprei toe hy by mense gepleit het om hulle teen die gevreesde Covid-19 te laat inent.

Die 42-jarige Willie Greyling se inskrywing op Facebook het binne ‘n uur derduisende boodskappe van ondersteuning gekry is net so wyd versprei.

Hy vertel dat hy sy pa op 30 Julie verloor het nadat hy die inflammatoriese multistelsel-sindroom (PIMS-TS) – of die Multisystem Inflammatory Syndrome (MIS), waarvolgens organe aangeval word - as ‘n Covid-19 komplikasie opgedoen het. Greyling sê sy twee seuns het vir die skoolvakansie by hulle oupa gekuier, toe sy pa aanvanklik simptome van die siekte getoon het.

“My pa het gesê hy vermoed hy het Covid opgedoen, so ek het dieselfde dag gery om die seuns te gaan haal en seker te maak hy gaan om getoets te word,” verduidelik Greyling. Hy sê toe die toetsuitslae positief terugkom, het hy en die seuns hulleself onder kwarantyn geplaas en geïsoleer.

Op 30 Julie het Greyling se pa sy stryd teen die virus verloor. Die kwarantynperiode vir pa en seuns het sonder enige tekens of simptome verbygegaan. Greyling sê sy 11-jarige seun, Gerhard, het egter weke later siek geword en het verlede naweek in die hospital se intensiewe sorgeenheid opgeëindig, ondanks negatiewe Covid-uitslae. 

“Sy skool het laat weet dat Gerhard nie lekker voel nie, so ek het hom by die skool gaan optel,” verduidelik Greyling. Hy sê ‘n Covid-toets se uitslae was negatief, maar Gerhard het net sieker geraak. Die dokter het opgelet dat sy limfvate rondom sy ingewande erg ontsteek was.

Gerhard is Saterdag opgeneem en teen Maandag het sy toestand só vererger. “Hy het net agteruit begin gaan, van regop sit in die oggend na platlê, kon nie opstaan nie, kon nie loop nie en hy het gesukkel om asem te kry,” vertel Greyling.

‘n Tweede Covid-toets is gedoen, maar dit was weer negatief. Dokters het regtig alles probeer om uit te vind wat die rede vir Gerhard se toestand is, sê Greyling. ‘n Toets vir teenliggaampies vir Covid het uiteindelik positief gewys en volgens berekeninge was hy weke terug, toe sy oupa gediagnoseer is, ook Covid-positief.

Gerhard het egter geen simptome gehad nie. Hy het dus nou dieselfde tipe komplikasie opgedoen. Greyling sê die dokters het vir Gerhard nou op 100% suurstof gesit, omdat sy longe skade opgedoen het en sy behandeling is daarop gemik om sy immuunstelsel te onderdruk sodat dit nie gesonde selle aanval, waar Covid-19 sy merk gelaat het nie.

Greyling het ‘n emosinele pleidooi gelewer dat almal hulle eerder moet laat inent want die impak van die pandemie is wyd en ouers moet veral aan die welstand van hulle kinders en familie dink.  

 

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.