On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaat Landbou begin skenkingsprojek ná veldbrande

───   BLAINE JONES 12:31 Wed, 08 Sep 2021

Vrystaat Landbou begin skenkingsprojek ná veldbrande | News Article
PHOTO: Facebook/Vrystaat Landbou

Die President van Vrystaat Landbou, Francois Wilken, sê die organisasie gaan weer ‘n projek bestuur om geld in te samel waarmee vee en voer gekoop kan word om aan boere te skenk wat deur die brande geraak is.

Wilken sê die brande was redelik ernstig en baie veld en vee is verloor. OFM-nuus het voorheen berig dat die grootste brand  in die Ventersburg-omgewing aangemeld is.

“Ons is deurlopend besig om geld in te samel om te help met die voer, om hulle net deur die krisis te kry. En ons kyk of ons kan vee in die hande kry, maar ons gaan weer met 'n projek begin om geld in te samel,” sê Wilken.

Johan Breytenbach, van die Vrystaatse Sambreel-brandbeskermingsvereniging, sê dat diere, voertuie en infrastruktuur weens die veldbrande in die slag gebly het.  


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.