On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Spanne probeer brand in Pabalelo onder beheer kry

───   09:56 Thu, 09 Sep 2021

Spanne probeer brand in Pabalelo onder beheer kry | News Article

Brandweerspanne van die Dawid Kruiper-munisipaliteit in Upington is tans op die toneel van 'n brand in die industriële gebied in Pabalelo, waar 'n brand in die vroeë oggendure uitgebreek het.

Winderige omstandighede bemoeilik egter die taak. Die Rosedale-woonbuurt, aan die onderkant van die brand wat by 'n skrootwerf oorkant die Oranje-wynkelders woed, is onder 'n rookwolk gehul. Die oorsaak van die brand is onbekend en 'n ondersoek sal gelas word namate die brand onder beheer gebring word. 

By navrae het die brandweerdienste gesê hulle is tans op die toneel waar hulle die brand onder beheer probeer kry.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.