On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Twee vas vir beweerde korrupsie en regsverydeling

───   10:44 Sat, 11 Sep 2021

Twee vas vir beweerde korrupsie en regsverydeling | News Article

‘n 41-jarige voormalige misdaadintelligensie-lid en 32-jarige beweerde dwelmhandelaar is deur die Noord-Kaapse Valke in hegtenis geneem vir beweerde korupsie en regsverydeling.

Volgens Valke-woordvoerder, Nomthandazo Mnisi, is die twee in hegtenis geneem ná ‘n operasie in April vanjaar waar agt verdagtes vir dwelmhandel in hegtenis geneem is.

Die ondersoekspan het bevind dat die misdaadintelligensie-lid inligting aan een van die verdagtes gelek het rakende ‘n beplande operasie.

Die intelligensie-lid is gister op R1 500 borgtog vrygelaat terwyl die beweerde dwelmhandelaar in aanhouding sal bly tot en met albei weer Woensdag 15 September in die Kimberley landdroshof verskyn.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.