On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

DBV help diere in brand geteisterde provinsie

───   14:48 Tue, 28 Sep 2021

DBV help diere in brand geteisterde provinsie | News Article

Die nasionale raad van die Dierebeskermingsvereniging in die Noord-Kaap is besig om beseerde diere na die afgelope drie dae se verwoestende veldbrande op plase en dorpe rondom Kimberley te help.

Die organisasie is sedert vroeg vanoggend besig en het reeds gevra vir hulpverlening met lugvervoer om beseerde diere in die veld op te spoor en te help.

Die Departement van Landbou Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling is ook tans besig met die verskaf van noodvoer aan geafekteerde gebiede waar Infrastruktuur beskadig en weiveld vernietig is.

Die Dierebeskermingsvereniging waarsku ook inwoners in die geafekteerde gebiede om versigtig in die omgewing te bestuur, en om op die uitkyk te wees vir verskrikte diere.

Intussen sê die Suid-Afrikaanse Weerdiens se Wayne Venter namate temperature styg, word reën vir dele van die Vrystaat en Noordwes voorspel.

Hy sê die sneller reaksie as gevolg van die warm weer is gunstig, omdat dit die lug vogtig maak.

Venter sê die oostelike dele van die Vrystaat en Noordwes kan van Donderdag af reën verwag, terwyl die res van die binneland teen die naweek ook reën kan verwag.

Hy voeg by die voorspelling vir die Noord-Kaap dui egter op sterk winde van Vrydag af, wat die kanse op verdere veldbrande in die gebied verhoog.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.