On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Watervlakke daal in Noord-Kaap

───   14:53 Wed, 29 Sep 2021

Watervlakke daal in Noord-Kaap | News Article

Die Departement van Water en Sanitasie in die Noord-Kaap sê inwoners moet water spaarsamig gebruik.

Dit volg na waterstoringsvlakke in die provinsie die afgelope week na 92,5 persent afgeneem het in vergelyking met die vorige week se 92,9 persent.

Amogelang Moholoeng van die Departement sê die Vanderkloof Dam, aan die grens van die Noord-Kaap en Vrystaat, se vlakke het ook gedaal van 97,3 persent tot 96,6 persent tans.

Hy sê die twee grootste riviersisteme in die Noord-Kaap, naamlik die Oranje en die Vaal, het ‘n daling van 86,5 en 96,6 persent onderskeidelik aangemeld.

Moholoeng voeg by watergebruik moet aangepas word.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.