On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Oudiovisuele N|uu woordeboek sien eersdaags die lig

───   16:38 Thu, 07 Oct 2021

Oudiovisuele N|uu woordeboek sien eersdaags die lig | News Article
Katrina Esau/Foto: TYME BANK

Die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad sê die eerste oudiovisuele N|uu woordeboek gaan in Februarie vanjaar uitgereik word.

Ntombi Huluhulu, die Raad se kommunikasiebestuurder sê die N|uu taal is een van die mees bedreigde tale in Suidelike Afrika, en die woordeboek sal juis die totale uitsterwe afweer.

Die woordeboek is in 2019, in samewerking met Briza Publikasies en die laaste lewende N|uu spreker, Katrina Esau, begin.

Sy sê die uitreiking van die oudiovisuele woordeboek val saam met die viering van ‘n dekade van inheemse tale van 2022 tot 2032, wat deur UNESCO aangekondig is.

Die 88-jarige Esau bied ook tans N|uu klasse aan kinders in die gemeenskap van Hillside in die Rosedale-woonbuurt waar sy woon.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.