On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

#SmileWeek: Ma se trane van dankbaarheid

───   10:05 Fri, 08 Oct 2021

#SmileWeek: Ma se trane van dankbaarheid | News Article
FOTO: VERSKAF

Die ma van 'n agt-jarige pasiënt in Bloemfontein in die Vrystaat, se gemoed loop oor van dankbaarheid teenoor die Smile-stigting.

Driekie Swanepoel sê haar seun, Kyle Pypers, het by die stigting aangesluit toe hy drie maande oud was, en sal Vrydag 8 Oktober sy sesde gratis operasie ondergaan. 

Sy sê sy is ewig dankbaar vir die konstante werk en bystand van die Smile-stigting. Swanepoel is na dié stigting verwys ná die geboorte van haar seun. Hy is met 'n gesplete lip en verhemelte gebore en sy sê die stigting het elke tree van Pypers se reis saam met hulle gestap om dié geringe abnormaliteit te help regstel.

"Ons is nou al, vandat hy drie maande oud was, deel van Smile en Adcock Ingram se program. So ons is tot dusver tevrede met al die dokters en die hospitaal. Ag almal, dis awesome. Universitas is great en ons is baie dankbaar vir die hele program en die span. Sonder hulle sou dit nie moontlik wees nie. So ons is baie dankbaar daarvoor," sê Swanepoel.

Sy verduidelik sy is nie seker van die presiese bedrag van die operasies nie. Peypers mag dalk bystand nodig hê aangesien hy ook draadjies vir sy tande nodig gaan hê sodra hulle begin uitkom.

Swanepoel sê die herstelperiode ná die operasies vat omtrent twee weke, wat voeding 'n moeilike proses maak aangesien die kinders verbied word om enige soliede kos te eet omdat dit die proses van genesing verleng.

"Hulle sê jy mag net appelsap, sop, deursigtige vloeistowwe, jogurt, fyngemaakte aartappel en alles wat sag is vir hom gee, want hy kan nie nou growwe goed eet nie," vertel sy. 

Swanepoel sê ook dat die herstelperiode eintlik afhang van die tipe operasie wat die kinders kry.

Sy sluit af deur te sê dat sy nie kan wag vir haar seuntjie om ten volle te herstel nie.


OFM Nuus/Lee Simmons

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.