On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Namakwa-mense getraumatiseerd nadat myntonnels intuimel

───   08:23 Thu, 14 Oct 2021

Namakwa-mense getraumatiseerd nadat myntonnels intuimel | News Article

Die Namakwa-streek is getraumatiseerd nadat sowat tien myntonnels by die uitgewerkte Nuttaboy-myn ingetuimel het.

Dié uitgewerkte diamantmyn van De Beers is in die Komaggas-omgewing naby Springbok in die Noord-Kaap.

Tussen ses en tien onwettige mynwerkers het vermoedelik omgekom, volgens ander mynwerkers.

Dit is volgens 'n noodreddingswerker ook nog nie seker hoeveel mense in die ou myn vasgekeer is nie. Daar sal waarskynlik Donderdagoggend met 'n proses begin word om die liggame uit te haal en na nog oorlewendes te soek, het 'n ingeligte aan OFM-nuus vertel.

Die polisie en forensiese spanne is reeds op die toneel.

"Daar is 'n onbekende getal mense wat in die tonnels by die Nuttaboy-myn toegeval het. Die SAPD se forensiese mense is op die toneel. Die mense hier is baie getraumatiseerd. Ons beplan om 'n gesamentlike operasionele sentrum op te rig om die trauma beter te kan verwerk. Die detail sal later deurgegee word," het Dawid Markus gesê, 'n aktivis vir die regte van die diggers, soos wat hy hulle noem.


OFM-nuus/Isaac Cloete

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.