On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Central SA

Nóg ’n prys vir Bfn se jenewermakers

───   11:11 Thu, 14 Oct 2021

Nóg ’n prys vir Bfn se jenewermakers | News Article

Bloemfontein se plaaslik-vervaardigde jenewer, KolleGin, wat deur drie vriendinne gemaak word, het vir die tweede jaar agtereenvolgens ‘n Michelangelo International Wine & Spiritstoekenning losgeslaan.

Bloemfontein Courant berig dié trio het weggestap met goud vir hul oorspronklike Boutique Gin, asook ’n spesiale trofee vir die beste in die Low/Non-alcoholic Spirits 2021-afdeling. Hulle is ook aangewys in die top-21 uit ’n totaal van 1890 inskrywings.

KolleGin het ontstaan uit ‘n stokperdjie van Annel Oosthuizen, Elizma Maritz en Elani Pretorius, almal ma’s wat ’n vroulike boutique gin met pragtige etikette en produkte wou maak. Volgens Pretorius was dit nog altyd belangrik vir hulle om ander vroue te inspireer en ’n boodskap van vreugde en vervulling uit te straal deur hul produkte.

Die Michaelangelo-toekenningsgeleentheid het op 6 Oktober in Val De Vie in die Kaap plaasgevind. Pretorius het vertel hoe dankbaar hulle is vir die toekennings. “Dit is die tweede jaar dat ons by die Michaleangelo-toekennings vereer word en ons besigheid is nou eers drie jaar aan die gang. Dit is ‘n eer om daardie etikette op ons bottels te plak en dit laat ons produkte sommer in ‘n hoër klas val. As hierdie bottels tussen honderde ander produkte op die rakke staan, verhoog dit vir seker ons verkope en die kans is groter dat ‘n kliënt dit verkies bo al die ander bottels op die rak.”

Die trio beoog nou om hul produkte aan groter winkels te verskaf. Hulle sien uit daarna om selfs vir die res van die land voorsiening te maak. “Ons het ons voete lekker in Bloemfontein gevind en die plaaslike mense het ons baie ondersteun, waarvoor ons só dankbaar is. Nou sprei ons ons vlerke na die res van die land en selfs oor die waters,” het Pretorius gesê.


Bloemfontein Courant/Pierce van Heerden

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.