Central SA
DA doen stappe rakende Eskom, Sedibeng Waterraad─── BLAINE JONES 15:58 Tue, 19 Oct 2021
Die DA in Matjhabeng gaan 'n dringende spesiale raadsitting aanvra om die situasie te bespreek nadat onderhandelinge met Eskom en stakende werknemers van die Sedibeng-waterraad onderskeidelik onsuksesvol was.
Rossouw Botes, DA-raadslid, sê die probleem kan opgelos word indien daar aan drie vereistes voldoen word, naamlik kundige mense, toepaslike kommunikasie en mense moet verantwoordelikheid neem. Die DA sê Ventersburg is reeds sonder water en Riebeeckstad sal binne enkele ure volg.
“Ons het geen amptelike kommunikasie van die munisipale bestuurder, Vrystaatse Lid van die Uitvoerende Raad (LUR) of enige ander besluitnemers ontvang oor hoe om die [dooiepunt] aan te spreek, of wat die voorgestelde pad vorentoe is nie. Dit is duidelik dat die ellende veroorsaak word deur die ANC-beheerde munisipaliteit se wanbetaling van hul diensverskaffers,” sê die DA in ‘n verklaring.
OFM-nuus
