On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Nog slagoffers van vermeende ontvoerder kom na vore

───   CATHY DLODLO 12:35 Mon, 01 Nov 2021

Nog slagoffers van vermeende ontvoerder kom na vore | News Article

Nog klagte kan teen die verdagte, wat die afgelope naweek in verband met die ontvoering en gewapende roof van ‘n student aan die Universiteit van die Vrystaat vasgetrek is, bygevoeg word.


Dit volg nadat meer studente na vore gekom het wat na bewering ook slagoffers van die verdagte was. Studente het van die voorval op sosiale media gelees en die beskrywing van die verdagte en sy voertuig het wye reaksie ontlok.

Cathy Dlodlo berig dat meer moontlike slagoffers nou na vore gekom het.

Vermoedelik gesteelde items, wat tydens die inhegtenisname gevind is, gaan deel uitmaak van die lang lys van moontlike klagte. Dit sluit in ontvoering, gewapende roof, besit van vermoedelike gesteelde items, klagte wat verband hou met die beskadiging van polisievoertuie wat betrokke was in die hoë spoed jaagtog waarna hy vasgetrek is, asook die feit dat hy weggejaag het ten spyte van die polisie se instruksies.

Die reaksie op sosiale media het nou daartoe gelei dat meer moontlike slagoffers na vore kom met dieselfde beskrywing van die verdagtes. Een student het gesê dat hy ‘n selfoon te koop aangebied het op sosiale media, en die verdagte het hom as ‘n koper voorgegee. Toe die transaksie egter moes plaasvind, het die verdagte hom met ‘n vuurwapen gedreig. ‘n Tweede man wat met die voorval verbind word, is egter nog soek.

Die verdagte was egter alleen toe hy Vrydag in hegtenis geneem is en gaan na verwagting vandag (Maandag) in die Bloemfonteinse Landdroshof verskyn. Die polisie het egter aangedui dat daar twee verdagtes by die ontvoering en gewapende roof-voorvalle betrokke was. Dit is nog nie bekend of die tweede verdagte nog soek is nie.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.