On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Ondersoek geloods nadat jong ma tydens geboorte sterf

───   08:45 Sat, 06 Nov 2021

 Ondersoek geloods nadat jong ma tydens geboorte sterf | News Article

Die Departement van Gesondheid in die Noord-Kaap ondersoek die omstandighede rondom die dood van ‘n 18-jarige vrou.

Die jong vrou, Lizbeth Makaloi, is oorlede kort nadat sy geboorte geskenk het in die Professor ZK Matthews-hospitaal in Barkly-Wes.

Departementele woordvoerder Lulu Mxekezo sê ‘n span gespesialiseerde kundiges ondersoek die aangeleentheid, en dat die bevinding dienooreenkomstig hanteer sal word.

Die oorledene se familie beskuldig die Departement en hospitaal daarvan dat hulle nie Makaloi behoorlik van mediese sorg voorsien het nie.

‘n Babadogter is gebore en in die familie se sorg gelaat. Die departement het intussen hulle medelye aan die familie oorgedra.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.