Central SA
Sentraal SA leerders blink uit by wetenskap-ekspo─── 09:51 Sat, 06 Nov 2021
Die uitvoerende hoof van Eskom se regulatoriese sake, Nthato Minyuku, het twee jong wetenskaplikes geluk gewens ná hulle uitsonderlike prestasie by vanjaar se internasionale wetenskap-ekspo.
Die twee, Vera van der Merwe - 'n graad 8-leerder aan die Hoër Meisieskool Bloemhof - en Danielle Pienaar - 'n graad 7-leerder aan die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein - het elk 'n brons medalje by die ekspo in Indonesië ontvang.
Die geleentheid is aanlyn aangebied weens Covid-19. Pienaar se projek, getiteld "Watter aas vind vlieë onweerstaanbaar?" en Van der Merwe se vuur brikette wat van afval en herwinbare materiaal gemaak is, is volgens Minyuku bewys dat jong mense steeds in wetenskap belangstel.
Minyuku sê vanjaar se Eskom-ekspo vir jong wetenskaplikes het aan 16 leerders die geleentheid gegun om hul navorsingsprojekte op internasionale platforms voor te lê.
OFM-nuus/Roderick Titus
