Central SA
Vermeende moordenaar in NK borgtog geweier─── 07:45 Sat, 20 Nov 2021
Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), Mojalefa Senokoatsane, sê die 34-jarige Boikanyo Modisane, wat tereg staan op 'n aanklag van moord nadat hy sy voormalige, swanger meisie doodgeslaan het, se borgaansoek is van die hand gewys
Die 23-jarige slagoffer van Barkly-Wes, Vanessa Matebus, was 13 weke swanger toe hy haar aangerand het totdat sy beswyk het.
Die verdagte sal op 14 Januarie 2022 weer in die hof in Barkly-Wes verskyn.
Modisane het volgens Senokoatsane by die oorledene se hut ingebreek en haar en haar kinders, onderskeidelik twee en ses jaar oud, binne aangetref waar hy haar aangeval het.
Die ondersoek duur voort.
OFM-nuus/Roderick Titus
