On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

#Covid19: AfriForum in hof oor godsdienstige byeenkomste

───   BLAINE JONES 07:34 Wed, 24 Nov 2021

#Covid19: AfriForum in hof oor godsdienstige byeenkomste | News Article

Die Hofaansoek deur die burgerregtegroep AfriForum - dat die verbod op godsdienstige byeenkomste tersyde gestel word - sal Woensdag voortgaan.


Strategie  en veldtogbeampte vir Afriforum, Ernst van Zyl, het aan OFM-nuus gesê AfriForum het Maandag en Dinsdag in die Gauteng se hooggeregshof verskyn waar hulle 'n geleentheid gekry het om hulle argumente te lewer. Van Zyl sê hulle behoort Woensdag 'n uitspraak te kry.

AfriForum veldtogbestuurder, Jacques Broodryk, sê dat dit vir gelowige persone baie belangrik is om hul godsdiens te kan uileef. Broodryk sê onder die huidige ramptoestand kan die regulasies enige tyd aangepas word, soos in die verlede gedoen is. Hy sê verder hulle wil hê mense moet weer oor die feestyd geloofsbyeenkomstes kan bywoon.

Broodryk voeg by dit is vreemd dat plekke soos winkelsentrums en restaurante oop bly, maar mense word nie toegelaat om kerkdienste by te woon nie.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.