Central SA
Noord-Kaap: Ongeluk eis twee jong mans se lewens─── 06:24 Wed, 08 Dec 2021
Die Noord-Kaapse polisie in Upington ondersoek 'n saak van strafbare manslag.
Dit volg nadat 'n ongeluk buite Upington naby Straussberg die lewe van twee jong mans geneem het.
Volgens die polisie se Sergio Kock is 'n 18-jarige en 17-jarige dood toe die Toyota Tazz waarin hulle was, omgeslaan en verskeie kere gerol het.
Twee seuns van onderskeidelik 15 en 7 jaar oud is in 'n plaaslike hospitaal vir mediese behandeling opgeneem.
OFM-nuus/Roderick Titus
