Central SA
Saak teen roof verdagte laat vaar─── 10:49 Wed, 08 Dec 2021
Die Landdroshof in Upington in die Noord-Kaap het die saak teen ‘n 38-jarige verdagte, wat na bewering betrokke was by die roof van ‘n onbekende bedrag geld by die Kalahari Mall in die stad, van die rol geskrap.
Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Mojalefa Senokoatsane, sê die saak is weens ‘n tekort aan behoorlike bewyse van die rol geskrap.
Twee veiligheidswagte, wat kontant by die inkopiesentrum afgehaal het, is oorval.
Die verdagtes het met die geld asook selfone gevlug.
Een van die verdagtes – ‘n veiligheidswag, Tshepiso Mojaki - is ure na die voorval in hegtenis geneem.
#Nog twee ander verdagtes is later in Bloemfontein aangekeer.
Die ondersoek duur voort, met nog inhegtenisnames wat volgens Senokoatsane verwag word.
OFM-nuus/Roderick Titus
