On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Verdagte in hof verwag weens duisende se dwelms

───   BLAINE JONES 13:48 Wed, 08 Dec 2021

Verdagte in hof verwag weens duisende se dwelms | News Article

Die polisie in die Noord-Kaap het op 'n huis in Galeshewe toegeslaan en dwelms ter waarde van R50 000 gekonfiskeer.

‘n Verdagte (26) is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Galeshewe-landdroshof verskyn op aanklagte van die hantering van dwelms. Sergio Kock, Noord-Kaapse woordvoerder, sê die polisie het inligting opgevolg. Die perseel van die verdagte in Galeshewe in Kimberley is deurgesoek en Tik is gevind.

"Die Frances Baard-distrikskommissaris, Johan Bean, het die gemeenskap bedank dat hulle die polisie se ore en oë was [in hierdie geval], aangesien dit werklik vennootskapspolisiëring op sy beste uitbeeld," sê Kock.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.