On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Meer as 500 in VS in hegtenis geneem

───   BLAINE JONES 07:49 Mon, 13 Dec 2021

Meer as 500 in VS in hegtenis geneem | News Article

As deel van die verstewiging van hul greep op misdaad, het die polisie in die Vrystaat meer as 500 verdagtes in hegtenis geneem deur die Veiliger Feesseisoen-bedrywighede wat tussen verlede Maandag en Sondag uitgevoer is.

Polisiewoordvoerder Sabata Mokgwabone sê die verdagtes is in hegtenis geneem weens verskillende kontak- en eiendomsverwante misdaad. 

Altesaam 129 is in hegtenis geneem tydens verskeie “Operasie Basadi”-aktiwiteite wat in al die distrikte uitgevoer is om die 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders af te sluit.

Intussen het van die verdagtes reeds in howe verskyn terwyl ander na verwagting Maandag sal verskyn.

Die Provinsiale Polisiekommissaris, Sello Kwena, sê dat wetstoepassingsagentskappe sal voortgaan met operasies om te verseker dat mense veilig is en voel gedurende die feesseisoen.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.