Central SA
Twee in NK vasgetrek weens SARS-bedrog─── BLAINE JONES 11:47 Tue, 14 Dec 2021
Twee verdagtes sal op 17 Februarie 2022 voor die Kimberley-landdroshof verskyn op bewerings van bedrog, geldwassery en die oortreding van die Wet op Belastingadministrasie.
Polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, Nomthandazo Mnisi, sê die Suid-Afrikaanse Inkomstediens in Kimberley beweer dat die hoofverdagte tussen 2016 en 2017 vals inskrywings gemaak en vals eise ingedien het vir belasting op toegevoegde waarde. OFM-nuus se Blaine Jones berig dat die twee verdagtes van 34 en 41, op Maandag 13 Desember 2021, deur die SAPD se Valke in hegtenis geneem is.
Daar word verder beweer dat die verdagte onregmatig voordeel getrek het deur eiendomme te bekom, te gebruik en te besit/beset, wat deel gevorm het van die opbrengste van onwettige aktiwiteite.
SARS het 'n werklike verlies van R415 000 gely. Die saak is by die Valke aangemeld vir verdere ondersoek en albei verdagtes is ontbied om voor Kimberley se landdroshof te verskyn.
OFM-nuus
