Central SA
Skouspel by Augrabies-waterval verwag: SANParke─── 14:14 Wed, 15 Dec 2021
Foto: Verskaf
SANparke in die Noord-Kaap se ZF Mgcawu streek sê die verwagte styging in die Oranje se vlakke vanaf 23 Desember gaan vir ‘n skouspel sorg by die Augrabies Nasionale Park.
Genevieve Maasdorp van Sanparke sê in ‘n sosiale media plasing dat watervloei van 58 kubieke meter per sekonde verwag word.
Sy sê ondanks die Covid-19 pandemie word inwoners steeds aangemoedig om onder die voorgeskrewe maatreëls parke na aan hulle te besoek.
OFM-Nuus/Roderick Titus
