Central SA
Verdagte verskyn in hof vir moord op vrou se vriend─── BLAINE JONES 12:34 Fri, 17 Dec 2021
Die saak teen 'n 41-jarige verdagte is tot 22 Desember 2021 vir ‘n formele borgtog aansoek uitgestel, nadat hy glo sy vrou se vriend vermoor het.
Die verdagte, Simphiwe Nqakaqa, is in aanhouding geplaas na hy Woensdag, 15 Desember 2021, vlugtig in die Rustenburg-landdroshof verskyn het.
Volgens Noordwes polisiewoordvoerder, Amanda Funani, het inligting aan die lig gebring dat die verdagte Saterdagaand probeer het om selfmoord te pleeg deur gif te drink.
Sy vrou en haar vriend het egter opgedaag terwyl hy nog in die bed gelê het.
Uit woede het die verdagte na bewering sy vrou se vriend met 'n mes aangeval.
Die slagoffer is na 'n plaaslike hospitaal vervoer waar sy dood verklaar is.
Intussen het die beskuldigde nog 'n gif gedrink en is ook hospitaal toe vervoer waar hy behandel en op Sondag, 12 Desember 2021 ontslaan was.
OFM-nuus
