On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Vaaldam 100% vol

───   BLAINE JONES 07:18 Mon, 20 Dec 2021

Vaaldam 100% vol | News Article

Die Vaaldam het die pas afgelope Saterdag 100% kapasiteit bereik.

Vanaf 28 Oktober tot Saterdag is gemiddeld 202 mm reën in die Bloemfontein omgewing ervaar.

Dit is volgens DA Magaung-raadslid, Rossouw Botes, wat aan OFM-nuus sê dat sommige gebiede buite Bloemfontein in die Vrystaat meer en sommige minder as vooraf genoemde hoeveelheid reën ontvang het.

Botes sê vir die eerste keer in baie jare het die provinsie goeie reënval gedurende Desember gekry, wat damvlakke verhoog het.

“In die Vrystaat het ons daagliks 22 damme gemonitor. 12 van daardie damme is ongeveer +100%. Vier van daardie damme was +90%. Die positiewe van hierdie watervlakke is dat ons boere baie bly is oor die reën. Dit stel hulle in staat om behoorlike beplanning vir die toekoms te doen,” sê Botes.

"Die negatiewe is dat sommige van die Munisipaliteitstrukture sukkel om van die water vir die dorpe te suiwer, en dit kan negatief wees as daar nie binne die volgende paar dae 'n oplossing is nie,” sê Botes.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.