Central SA
Uitspraak voorbehou in Phokwane Munisipaliteit saak─── 12:14 Tue, 21 Dec 2021
Uitspraak is voorbehou in die Noord-Kaapse Hooggeregshof in ‘n dringende aansoek om die waarnemende Munisipale Bestuurder van die Phokwane Munisipaliteit uit sy pos te verwyder.
‘n Dringende interdik is bekom deur die Burgermeester en Speaker asook die waarnemende Munisipale Bestuurder teen tien raadslede.
Die meerderheid raadslede het Mpho Mojaki as waarnemende Munisipale Bestuurder ingestem, waarna chaos uitgebreek en raadslede slaags met mekaar geraak het.
Advokaat Percy Ntombeni, wie Tebogo Afrika verteenwoordig, sê die ultimatum vir die waarnemende Munisipale Bestuurder - Busisiwe Mgaguli - om haar pos te verlaat is onregmatig.
Dit, na ‘n skrywe op 14 Desember dat sy haar pos moet ontruim.
Die LUR vir Plaaslike Regering, Bently Vass, is intussen gevra om in te gryp.
OFM-nuus/Roderick Titus
