On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Veiliger Feesseisoen-bedrywighede in NK lewer sukses

───   BLAINE JONES 13:06 Thu, 23 Dec 2021

Veiliger Feesseisoen-bedrywighede in NK lewer sukses | News Article

Veiliger Feesseisoen-bedrywighede in die Noord-Kaap het sukses opgelewer nadat verskeie boetes uitgereik is en wetoortreders inhegtenis geneem is.

Polisiewoordvoerder, Sergio Kock, sê die polisie in die provinsie het 'n tweedaagse operasie op 21 Desember begin met die fokus op onder meer onwetige alkohol- en dwelmverkope. 

Die bedrywighede het bestaan uit padblokkades waar meer as 221 voertuie gestop is en 562 mense deursoek is.

Verder is 'n 31-jarige vrou in hegtenis geneem vir die handel in khat sowel as 'n 32-jarige man vir die besit van mandrax. Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn. 

Twee sjebeens is ook toegemaak en die polisie het honderde liters tuisgemaakte alkoholiese konkoksies gekonfiskeer en vernietig.

Die span polisiebeamptes het 24 verkeersboetes vir verskeie oortredings uitgereik en ook meer as 500 vakansie veiligheid pamflette versprei. 


OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.